Jakkie Louw
18 Dec

Van Stellenbosch se Eikebome tot die Jakaranda stad se nuwe drome het Jakkie aangehou glo. Sy eie musiek sal gehoor word en sy naam sal 'n huishoudelike naam word in Suid Afrika.

Na 20 jaar het Jakkie Louw by meeste, feeste, skole, universiteits jole en dorpe in SA opgetree saammet sy orkes.. Die Jakkie Louw band!

Sy oorspronklike vertonings word gekenmerk aan 'n goeie positiewe energie en liedjies soos Een miljoen woorde spreek met jou siel.  Jakkie se 20 jaar show is opgeneem vir sy nuwe DVD by Parkview se Rockwood teater op 'n Maandagaand. Ongeveer 500 aanhangers het gedeel in die aan. Jakkie se immergroen studente liedjies soos 'n Bottel tas en Rambo die polisiehond het die gehoor laat rondspring soos 503 Pikkewyne. Met sy skreeusnaakse liedjie Marulaboom, het hy op die verhoog gedans saammet sy Broer Nico Louw en goeie vriend Tank du Preez...almal met net kamerjasse aan. Die trane het geloop soos die gehoor gelag het.

Die 20 jaar DVD handel oor sy reis vanaf Stellenbosch se strate tot die pubs in Hatfield Pretoria tot sy uiteindelike nasionale sukses as Afrikaanse sanger in Suid-Afrika. Op die aand van die DVD was van die legendariese musikante wat jare lank saammet Jakkie opgetree het, ook in die gehoor. Hulle is elkeen uitsonderlik bedank vir hulle deelname in Jakkie se loopbaan.

Drie Pikkewyne was die eerste groot nasionale treffer en is vinnig opgevolg met Die Hoendersong. Jakkie se pen het later ‘n sagter kant gewys met die reuse treffer en kankerbewustwording liedjie Een miljoen woorde. Jakkie keer weer terug na lekker kuier-liedjies soos die allergewilde Rooi Willie en Koekieloekie. Sy nuutse CD party in SA is ‘n dankie sê aan die Suid-Afrikaanse aanhangers wat hom deur die jare ondersteun het.  Van die stad tot in die platteland. Kom ons hou aan party en braai deur al die goeie en slegte dinge wat aan die gang is in ons pragtige land. Niks sal ons onder kry as ons aanhou werk, glo en glimlag nie.




Please select date and time
Tuesday 18 December @ 20:00
R150

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 031 161 0000
sibaya@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre at Sibaya
Sibaya Casino and Entertainment Kingdom
1 Sibaya Drive
Umhlanga Rocks
Durban
4320
Whatsapp Booking Line
Weekdays from 8am-5pm
Tel: 062 453 9237

Corporate Functions / Venue Hire and Conferencing:
cindy@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 031 161 0000

Fundraisers:
cindy@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 031 161 0000

Manager:
Cindy Webster
Tel: 031 161 0000
cindy@rockwoodtheatre.co.za