Joe Foster (Rockwood Theatre)
15 May

Joe Foster is terug by Rockwood Teater, 15 Mei 2019 met sy Volgende Stap musiek produksie. Kom ervaar ’n nuwe kant van Joe Foster, een sonder mure en sonder voorgee. Kom hoor van sy beste werk nog en hoor dit met kleure en kontras deur middel van talentvolle en sexy dansers, ander musikante, multimedia beelde en sterk beligting.

Drie jaar nadat hy die suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar “Hartklank” vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat so waar die volgende stap met hierdie nuwe album. Die album is baie lewendig, eerlik, kragtig en oorspronklik en sy nuwe klank is skaars vergelykbaar met sy solo debuut vrystelling. 

Met die drie enkelsnitte van die dertien liedjies op die nuwe album wat reeds vrygestel is, kan mens dit hoor. Die drie snitte het baie gewild geword vandat dit vrygestel was. “Vrede Maak” en sy eerste Engelse enkelsnit “Look Away” asook sy nuutste enkelsnit “Volgende Stap” het sederdien bo aan talle SA kommersiële, internet en streeksradio’s se treffer-parades gepronk. Hierdie drie snitte is baie goeie aanduidings waarna sy aanhangers kan uitsien met hierdie treffer belaaide “Volgende Stap” album.

Dis ‘n vertoning wat jy nie kan mis nie. Kom vat die reuse volgende stap saam met Joe in die nuwe fase van sy lewe en van sy loopbaan met die asemrowende konsert. Kom hoor van die beste snitte op die nuwe album, asook van sy reeds gewilde liedjies. 



Please select date and time
Wednesday 15 May @ 20:00
R150

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 012 368 1555
bookings@rockwoodtheatre.co.za

Marketing Manager
Mienkie de Kock
Tel: 012 368 1555
mienkie@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre
Shop F92, Parkview Shopping Centre
c/o Garsfontein Road & Netcare Street
Moreleta Park, Pretoria East
0181
Whatsapp Booking Line
Weekdays from 8am-5pm
Tel: 064 280 6082

Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:

events@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 012 368 1555

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: 012 368 1555
tom@rockwoodtheatre.co.za

Location:
Click here to go to Google Maps