Ladies Night met Leandie du Randt (Rockwood Theatre)
13 Mar
Leandie du Randt nooi al die dames ouer as 12 uit vir ‘n
lekker Ladies Night saam haar en sangeres Irene - Louise van Wyk. Na 4 jaar met
dieselfde praatjie #NoOneCanBeatYouAtBeingYou is dit tyd vir ‘n nuwe praatjie
genaamd DIS OKEI OM JOUSELF TE SKEI (VAN ALLES).
Leandie praat oor
hoekom ons doen wat ons doen en lei ons gedagtes na ‘n plek waar ons net weer
begin vrae vra oor ons lewens, tradisies, denkpatrone, besluite, ons mense en
onsself. Leandie wil jou op ‘n reis vat na nuwe opwinding oor jou lewe en
jou besluite. Veral as dit nie is wat jy gedink het dit gaan wees nie.
Kom
kuier saam en wees
een van die EERSTES in die land om haar nuwe praatjie te hoor.